Sy het SPRANKin haar stap.

Ek is Lynicé de Beer, ’n plaasmeisie in murg en been en die mens agter SPRANK. My hart lê tussen oop Karoo-vlaktes, plaaspaaie en besighede met egte stories. Ek help ondernemings om met mooi ontwerp, oorspronklike inhoud en praktiese bemarking raakgesien te word. Maar hierdie webblad gaan nie net oor wat SPRANK doen nie. Dit gaan oor die besonderse ondernemings en mense met wie ek die voorreg het om saam te werk, van die plaashek tot die Facebook-blad en alles tussenin.

Ontmoet my kliënte

Bemarking met plaasmeisie-hart, kleur, karakter en natuurlik ’n bietjie oemf!

Lynice Transparent

Wie en wat is SPRANK?

Persoonlike ondersteuning vir ondernemings wat wil groei én raakgesien word.

SPRANK bied persoonlike ondersteuning met sosialemediabemarking, inhoudskepping, ontwerp, administrasie en boekhouding. Elke onderneming het sy eie storie, mense en persoonlikheid, daarom glo ek nie aan ’n een-grootte-pas-almal-benadering nie.

Ek leer my kliënte ken, verstaan wat hulle besonders maak en help om dit op ’n egte, plattelandse, maar steeds professionele en treffende manier aan die wêreld te wys.

Afrikaans is my moedertaal en die taal waarin my hart die maklikste praat, maar vir Engels koop ek darem gereeld lugtyd. 

Sprank Webfoto Skerp HD

Waar my hart rus

“Die hart van die mens dink sy weg uit, maar die HERE rig sy voetstappe.”

Spreuke 16:9

SPRANK is met geloof, dankbaarheid en baie klein treetjies gebou. Ek beplan en werk, maar vertrou dat die Here elke tree rig.

Ondernemings agter die stories

Ontmoet die besonderse mense en ondernemings wie SPRANK help om raakgesien te word.

Kom ons laat jou onderneming SPRANKel

Het jou onderneming 'n storie wat raakgesien moet word?

Of jy hulp nodig het met sosialemedia, inhoud, ontwerp, administrasie of boekhouding, kom ons gesels oor hoe SPRANK jou onderneming kan ondersteun.

Gesels met my op WhatsApp
064 845 0130lynice@sprank.co.za

Geen verkoopsdruk nie, net 'n lekker geselsie om te kyk wat jy nodig het.

WhatsApp